Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
882 resepte gevind · Nuutste eerste
Nasi Goreng Lede-resep
Rys

Nasi Goreng

Gepubliseer

Geurige basmatirys met ui, knoffel, gemmer, kruie en sagte omeletrepies vorm ’n maklike Indonesies-geïnspireerde bygereg vir hoendersosaties, kerries en grondboontjiesous.

Pindakaas sous Lede-resep
KookSouse

Pindakaas sous

Gepubliseer

Hierdie romerige pindasous kombineer grondboontjiebotter, klappermelk, sojasous en aromatiese speserye in ’n veelsydige sous vir sosaties, Nasi Goreng, groente en selfs ontbythappies.

Stromboli Lede-resep
BroodGratis Resepte

Stromboli

Gepubliseer

Hierdie tuisgemaakte Stromboli word met ’n sagte, veeldoelige witbrooddeeg en jou gunsteling-pizzavulsel berei, styf opgerol en goudbruin gebak.

Gemmerkoekie huisie Lede-resep
BakKoekies (soet)

Gemmerkoekie huisie

Gepubliseer

Bou ’n betowerende gemmerkoekhuisie met stewige, gladde koekpanele, deursigtige suikerglasvensters en sierlike koninklike versiersel—’n besondere Kerstradisie vir die hele gesin.

Met trots ondersteun deur