Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
882 resepte gevind · Nuutste eerste
Palmiers, Pigs ears Gratis
BakFyn bak

Palmiers, Pigs ears

Gepubliseer

Daar is iets besonders aan die geur van varsgebakte palmierkoekies wat deur die huis trek. Met net 'n paar eenvoudige bestanddele verander gewone blaardeeg in bros, goudbruin vlinderkoekies…

Mayonnaise Lede-resep
KookSouse

Mayonnaise

Gepubliseer

Tuisgemaakte mayonnaise is een van daardie eenvoudige kombuisgeheime wat elke ete net soveel lekkerder maak. Ek maak al jare lank my eie mayonnaise en pas die geur aan…

Lebkuchen Lede-resep
BakKoekies (soet)

Lebkuchen

Gepubliseer

Die geur van varsgebakte Lebkuchen bring vir my onmiddellik herinneringe aan my ma se kombuis en die besondere Duitse erfenis van die Bezuidenhout-familie. Hierdie sagte, speseryryke heuningkoekies word…

Met trots ondersteun deur