Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
882 resepte gevind · Nuutste eerste
Vlabeskuit Lede-resep
BakBeskuit

Vlabeskuit

Gepubliseer

As 'n Italiaanse biscotti en 'n tradisionele Suid-Afrikaanse beskuit ooit 'n "familielid" gehad het, sou dit hierdie beskuit wees. Dit het die sagte, botteragtige krummel van 'n kitsbeskuit,…

Melk ysies met ‘n Twist Gratis
Nagereg koud

Melk ysies met ‘n Twist

Gepubliseer

Daar is min somerherinneringe wat soveel vreugde bring soos 'n tuisgemaakte melkysie wat stadig in die son geniet word. My liewe moeder het hierdie eenvoudige ysies vir ons…

Geskenke uit jou KosKas Lede-resep
ArtikelsResepte / Recipes

Geskenke uit jou KosKas

Gepubliseer

Maak hierdie Kersfees besonders met heerlike tuisgemaakte geskenke en feestafelgunstelinge. Van beet-vyekonfyt met ’n knertsie jenewer en muffinmengsels in ’n fles, tot sjokoladesplinters, neutbotter, eggnog en geurige vleisrol—hier…

Met trots ondersteun deur