Melkkos

Wat is trooskos? Vir my siel is dit soos soene op ’n seer wond. Hierdie tradisionele melkkos met sagte meelklontjies, botter en kaneelsuiker is ideaal vir koue dae of wanneer die verlange na geliefdes kom aanklop. Voeg ’n bietjie vlapoeier by vir ’n ryker kleur en geur.

Prep Tyd - 20 mins

Kook / Bak Tyd - 45 mins

Totale Tyd - 65 mins

Moeite - Maklik

Bergingopsie: Vrieskas vriendelik

Oondtemperatuur: n.v.t.

Porsies - 4-6 porsies portions

Wenke / Tips

Wenke
Gebruik ’n swaarboomkastrol wat geskik is om melk in te kook.
Smeer die bodem van die kastrol met botter om aanbrand te help voorkom.
Vryf die botter deeglik by die koekmeel in totdat geen botterkorreltjies meer gevoel kan word nie.
Die melkkos moet klonterig wees en nie soos ’n gladde vla lyk nie.
Laat die melkkos met die deksel op prut sodat die stysel behoorlik kan gaar word.
Voeg vlapoeier by vir ’n geler kleur en ’n sagte vla-geur.
Bedien die melkkos warm met botter en kaneelsuiker.

Bestandele / Ingredients

Melkkos
2 liter melk
140 g (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
15 g (20 ml) botter
Afronding
Botter, na smaak
Kaneelsuiker, na smaak
Vla-variasie
15 ml (1 e) vlapoeier

Instruksies / Instructions

Melkkos
Smeer die bodem van ’n swaarboomkastrol met botter om te voorkom dat die melk aanbrand.
Haal 3 e melk uit en plaas die res van die melk in 'n kastrol.
Verhit die melk in die kastrol tot kookpunt.
Sif die koekmeel en sout saam.
Vryf die botter baie deeglik by die koekmeel in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk en geen botterkorreltjies meer gevoel kan word nie.
Voeg die 3 e melk by die meel en roer deur om frummels te maak.
Voeg die meelmengsel by die kokende melk.
Klop die mengsel met ’n houtlepel, plaas die deksel op en laat dit vir 8–10 minute prut totdat die stysel gaar en die melkkos verdik is.
Die melkkos moet klonterig wees en hoef nie glad geklits te word nie.
Afronding
Skep die warm melkkos in lae in die opdienbakke.
Plaas klein stukkies botter en kaneelsuiker tussen die lae.
Herhaal die lae en bedien die melkkos warm.
Vla-variasie
Sif die vlapoeier saam met die koekmeel en sout voordat die botter ingevryf word.
Volg daarna die melkkosmetode soos hierbo beskryf.