Kleuter en Peuter Voeding
Voeding gedurende die peuter- en kleuterjare speel 'n bepalende rol in groei, ontwikkeling en die vestiging van gesonde eetgewoontes. Hierdie praktiese gids verduidelik watter voedingstowwe jong kinders daagliks nodig het, waarom dit belangrik is en hoe ouers eenvoudige, voedsame maaltye kan voorberei wat klein handjies en kieskeurige eetlusies gelukkig hou. Met maklike resepte, praktiese wenke en realistiese raad word gesonde eetgewoontes sommer deel van die gesin se alledaagse leefstyl.
Prep Tyd - 20 mins
Kook / Bak Tyd - 45 mins
Totale Tyd - 65 mins
Moeite - Maklik
Bergingopsie: Vrieskas vriendelik
Oondtemperatuur: n.v.t.
Porsies - Lewer: 4-6 portions
Wenke / Tips
Wenke
Onthou dat peuters en kleuters klein magies het. Drie gebalanseerde hoofmaaltye met twee tot drie voedsame peuselhappies deur die dag voorsien gewoonlik genoeg energie sonder om kinders te oorweldig met groot porsies.
Bied elke dag 'n verskeidenheid voedselgroepe aan. Proteïene, volgraan, vars groente, vrugte, gesonde vette en suiwel werk saam om groei, breinontwikkeling en 'n sterk immuunstelsel te ondersteun.
Moenie moed verloor as jou kind 'n nuwe kos wegwys nie. Kinders het soms tien tot vyftien blootstellings aan 'n nuwe smaak nodig voordat hulle dit aanvaar. Bly geduldig en hou aan aanbied sonder druk.
Maak kos prettig en kleurvol. Klein happies, interessante vormpies en vrolike borde maak kinders nuuskierig en help om 'n positiewe verhouding met kos te bou.
Moedig selfvoeding aan, al beteken dit soms 'n groter gemors. Kinders ontwikkel selfvertroue, motoriese vaardighede en onafhanklikheid wanneer hulle self kan eet en ontdek.
Beperk sout, suiker en hoogs verwerkte produkte. Jong niere is nog besig om te ontwikkel, daarom is vars, natuurlike bestanddele altyd die beste keuse.
Voeg gereeld probiotiese voedsel soos jogurt, amazi, melk- of waterkefir en ander gefermenteerde produkte by waar dit ouderdomsgepas is. Dit ondersteun 'n gesonde dermmikrobioom en help met vertering en immuniteit.
Gebruik gesonde vette soos avokado, olyfolie, neute en sade (ouderdomsgepas voorberei) om breinontwikkeling en die opname van vetoplosbare vitamiene te ondersteun.
Maak maaltye deel van gesinstyd. Kinders leer deur waar te neem. Wanneer die hele gesin saam aan tafel eet en gesonde kos geniet, ontwikkel kinders makliker goeie eetgewoontes.
Onthou dat geen kind elke dag perfek eet nie. Kyk eerder na voeding oor 'n week as oor een enkele maaltyd. Konsekwentheid, liefde en geduld is uiteindelik die geheime bestanddele van elke gesonde eetreis.
Groete van een mamma aan 'n ander — speel, lag, ontdek en geniet elke ete saam. Dis dikwels om die kombuistafel waar die mooiste kinderherinneringe gebou word.
Bestandele / Ingredients
-
Vrugte-en-Yoghurt Parfait
Bestandele vir Vrugte-en-Yoghurt Parfait
- 1/2 koppie Griekse jogurt
- 1/4 koppie gesnyde aarbeie of ander vrugte
- 2 eetlepels granola
- 1 eetlepel heuning (opsioneel)
-
Mini Tortilla Pizzas
Bestandele vir Mini Tortilla Pizzas
- 1 klein volkoring tortilla
- 2 eetlepels tamatiepasta of gesonde pizza-sous
- 1/4 koppie geskeurde mozzarellakaas
- Gesnyde groente (soos sampioene, rooi soetrissie, en spinasie)
- Opsioneel: gekookte hoender of kalkoen
-
Vrugte Smoothie
Bestandele vir Vrugte Smoothie
- 1/2 koppie geskeide lemoensap
- 1/2 koppie vars of bevrore vrugte (mango, aarbeie, piesang)
- 1/4 koppie Griekse jogurt
- 1 teelepel heuning (opsioneel)
-
Sampioene en Groente Omelet
Bestandele vir Sampioen en Groente Omelet
- 2 eiers
- 1/4 koppie gesnyde sampioene
- 1/4 koppie gesnyde spinasie
- 1/4 koppie geskeurde kaas (opsioneel)
- Sout en peper na smaak
Instruksies / Instructions
Instruksies vir Vrugte-en-Yoghurt Parfait
- Begin met die jogurt as die basis.
- Voeg ‘n laag vrugte bo-op die jogurt.
- Strooi granola en heuning oor die top.
- Bedien as ‘n lekker ontbyt of peusel happie.
Instruksies vir Mini Tortilla Pizzas
- Verhit oond tot 180°C.
- Versprei die tamatiepasta oor die tortilla.
- Voeg groente en kaas by.
- Bak 10-12 minute totdat die kaas gesmelt is.
- Bedien dit as ‘n ligte ete of peusel happie
Instruksies vir Vrugte Smoothie
- Plaas alle bestanddele in ‘n blender.
- Meng totdat die smoothie glad is.
- Bedien dit as ‘n bevredigende ontbyt of peusel happie.
Instruksies vir Sampioen en Groente Omelet
- Klits die eiers in ‘n bak.
- Verhit ‘n bietjie olie of botter in ‘n pan.
- Voeg die sampioene en spinasie by en kook vir 2-3 minute.
- Giet die geklitste eiers oor die groente en kook vir 3-4 minute.
- Voeg die kaas by en vou die omelet in die helfte.
- Bedien dit warm vir ‘n voedsame ete.
Belangrikheid van Peuter- en Kleuter Voeding
Peuters en kleuters is in ‘n vinnige groeifase wat fisiese ontwikkeling en breinfunksie insluit. Hulle het hoër energiebehoeftes per kilogram liggaamsmassa as volwassenes, en ‘n gebalanseerde dieet is nodig om aan hierdie behoeftes te voldoen.
Essensiële Voedingstowwe vir Peuters en Kleuters
Proteïene:
Proteïene is belangrik vir spiergroei en weefselherstel. Peuters en kleuters het elke dag ongeveer 1,1 tot 1,2 gram proteïen per kilogram liggaamsmassa nodig. Onthou ook dat die niere van hierdie ouderdoms groepe NIE te veel suiker of sout mag neem omdat die niere nog nie goed ontwikkel is om hierdie gekonsentreerde elemente te kan hanteer. Wees versigtig om droe vrugte en gedroogde vleise elke dag te gee.
Bronne: maer vleis, pluimvee, vis, eiers, boontjies, en neute.
Koolhidrate:
Koolhidrate is die primêre energiebron en is nodig vir die brein ensiematiese werking en spier energie en groei. Dit is belangrik om gesonde koolhidrate soos volkoring, vrugte, en groente te kies.
Bronne: Volkoring graan, aartappels, rys, groente, en vrugte.
Vette:
Vette is noodsaaklik vir breinontwikkeling en absorpsie van vet-oplosbare vitamiene soos A, D, E, en K asook omega 3, 6 en 9.
Bronne: Avokado, neute, sade, olyfolie, en vis.
Vitamiene en Minerale:
Kalium: Belangrik vir spierspiere en die hart.
Kalcium en Vitamien D: Nodig vir sterk bene en tande.
Yster: Betrokke by die vorming van rooibloedselle en die vervoer van suurstof.
Bronne van vitamiene en minerale: Groente (spinasie, brokkoli), vrugte, melk, eiers, en gesonde proteïene.
Vesel en probiotika:
Vesel is belangrik vir ‘n gesonde verteringstelsel en om hardlywigheid te voorkom.
Probiotika kan in vorme van sagtekaas soos joghurt, amazi ens gevind word, maar kyk ook na sauerkraut, water kefir, melk kefir of aanvullers.
Bronne: Volkorngraan, vrugte, groente, en peulvrugte.
Maaltyd Beplanning vir Peuters en Kleuters
Voeding vir peuters en kleuters moet gebalanseerd wees en ‘n goeie kombinasie van al die bogenoemde voedingsgroepe insluit. Verskillende en interessante maaltye help om die eetlus te bevorder en ‘n positiewe verhouding met kos te ontwikkel.
Algemene Riglyne vir Maaltye:
Klein, Gereelde Maaltye: Peuters en kleuters het kleiner magies en kan nie groot porsies eet nie. Bied 3 hoof maaltye per dag aan met 2-3 gesonde peusel happies tussen in.
Verpakking van Kos: Kos moet gesny word in klein, maklike happies. Probeer verskillende vorms om die eet ervaring interessant te maak.
Eet- en Drinkgewoontes: Moedig selfstandigheid aan, maar wees geduldig. Laat hulle self eet en ondersoek verskillende kosse.