Botter vs Margarien vir Bak doeleindes

Die sukses van baie bakresepte lê in die vetinhoud van die bakvet wat gebruik word. Botter bevat gemiddeld ongeveer 80–82% melkvet (met die res hoofsaaklik water en melkvastestowwe), terwyl bakkersmargariene ook ideaal naby 80% vet behoort te wees vir betroubare resultate. Wanneer die vetinhoud aansienlik laer is, verhoog die waterinhoud, wat die tekstuur, verspreiding en stabiliteit van gebak en versiersels kan beïnvloed. Deur die regte produk vir die regte toepassing te kies, behaal jy konsekwent beter bakresultate.

Prep Tyd - 20 mins

Kook / Bak Tyd - 45 mins

Totale Tyd - 65 mins

Moeite - Maklik

Bergingopsie: Vrieskas vriendelik

Oondtemperatuur: n.v.t.

Porsies - portions

Wenke / Tips

Annelien se Wenke

  • Botter bly die goue standaard vir geur, tekstuur en kleur in die meeste bakresepte.
  • Kies, waar moontlik, margarien met ongeveer 80% vetinhoud wanneer 'n resep vir botter ontwikkel is. Dit lewer die naaste resultate.
  • Laer vetmargariene bevat gewoonlik meer water, wat kan veroorsaak dat koekies te veel uitsprei, skilferdeeg minder mooi pof en versiersels minder stabiel is.
  • Vir botterversiersels verkies ek botter eerste. Wanneer 'n spierwit versiersel nodig is, werk 'n hoëvet wit bakkersmargarien uitstekend.
  • Vir koekies en pasteideeg lewer 80%-bakkersmargarien of botter die mees betroubare resultate.
  • Lees altyd die voedingsetiket. Die vetpersentasie vertel jou dikwels meer oor 'n produk se bakprestasie as die handelsnaam.
  • Wanneer jy 'n nuwe margarien probeer, bak eers 'n klein toetsresep voordat jy dit vir groot hoeveelhede of belangrike bestellings gebruik.
  • Dierlike vette kan uitstekende bakresultate lewer, maar moet korrek gesuiwer en voorberei word voordat dit gebruik word.
  • Onthou: in bakwerk is vet nie net 'n bestanddeel nie – dit bepaal die struktuur, mondgevoel, geur en uiteindelike kwaliteit van jou eindproduk.

Bestandele / Ingredients

Kom ek verduidelik eers die konsep van hoe botter werk en dan kan jy kundig met die margarien Twist.

  1. Botter is ongeveer 85% vet, dit kan varieer na gelang van die ras van bees. Hierdie vet persentasie is ongelooflik belangrik in gebak soos koekies, versiersels, pastries ens. Dit gee smaak, kleur, tekstuur en perfekte gebak.
  2. Margarien opsies. Jy moet mik vir 80% vet inhoud margarien omdat dit die naaste is aan botter se vet persentasie. In die ou dae was Rama die nommer een margarien saam met Stork en beide was 80% vet inhoud. Ek het selfs ‘n studie daarvan gemaak en ook laboratorium toetse laat doen om van my feite seker te maak. Rama het toe die persentasie vet laat val na 70% en baksters het nie geweet van dit en so het die bakkery konsternasies begin. WAt is dan die 10% wat vervang is? Vog is dus bygesit…en ja koekies is die klikkie bekke van swak smeer…waar ‘n koekie soos ‘n gemmerkoekie mooi effe af plat maar vorm behou…word dit een groot massa. Pastei deeg pof nie mooi uit en so gaan die lysie aan. Versiersuiker skif .
  3. So watter handelsmerke werk goed of produk?
    1. Versiersels: botter is altyd eerste…dan vir wit Marvello bake 80% wit of Woodenspoon wit. Stork wit 80% is nie hitte stabiel, ek het dit selfs met kursusgangers getoets. So ek het ook op die groep die resultate gewys.
    2. Koekies en pasteie: Stork 80% geel bakkers margarien, Spar se 80% en dan botter.
    3. Mens kan met dierlike vette ook bak maar jy moet jou storie ken en die vette goed was en kook.

Instruksies / Instructions